(Foto: Harold Verster, gewese uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs (tweede van regs), oorhandig hier ’n Cheetah-trui aan Rob Davies (tweede van links), die toerleier van die Walliese ondersteuners in Suid-Afrika, op ’n banket vir die Walliesers in Bloemfontein. Links is die gewese Springbok-kaptein en kommentator Naas Botha, wat die gasspreker was, en regs is Ross van Reenen, die huidige uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs. )

In wat waarskynlik ’n eerste is, het ’n groep Walliese ondersteuners Vrydagaand op ’n dinee by Monte Bello buite Bloemfontein die hand diep in die sak gesteek ten bate van ’n veldtog wat daarop gemik is om talentvolle rugbyspelers vir die Cheetahs te ontwikkel, te werf en te behou.

Lees meer op Netwerk24