WAAROM BYDRA?

Min rugbyspanne in die land het ‘n meer passievolle en lojale ondersteuningskorps as die Toyota Vrystaat Cheetahs.  Die Cheetahs is bekend en bemind vir hulle opwindende, ondernemende en aanvallende benadering.  Dit is dus geen wonder dat talle ondersteuners van ander spanne die Cheetahs as hulle “tweede” span beskou nie.

Die Cheetahs kry ‘n veel kleiner toelaag van die SA Rugby-unie (SARU) as die vier metro-franchises, die Sharks, die Lions, die Bulls en die Stormers.

Vir die Cheetahs om weer ‘n krag te word en die glorie van ouds te laat herleef, is dit noodsaaklik dat hulle die finansiële vermoë het om belowende en talentvolle spelers te werf, ontwikkel en te behou.

Jou bydrae tot die Cheetahs Rugby Trust sal help om dit moontlik te maak.