(Foto: Ryk Neethling sr., Tom Ferreira en Blouwillem Theron verlede week aan die werk aan die nuwe fondsinsamelingsinisiatief vir die Vrystaat Cheetahs.)

‘n Rubriekskrywer en drie sakemanne van so ver as Kaapstad en Pretoria skrum saam om die Vrystaat Cheetahs weer die top-rugbyspan in die land te maak.

Die Cheetahs-rugbytrust, ‘n geldinsamelingsveldtog, het Woensdagoggend die lig gesien met die doel om talentvolle spelers in die Rosestad vir die oranje-en-wit trui te ontwikkel, te behou en te werf.

Blouwillem Theron, ‘n rubriekskrywer van Pretoria, en drie Kaapse sakemanne het hande gevat om die trust te registreer sodat Cheetah-liefhebbers wêreldwyd ’n bydrae kan lewer om die span weer “die land se topspan te maak”.

Lees meer op Netwerk24