(Foto: Netwerk24 – Curriebeker-trofee)

Die land se rugbybase besluit volgende week waar hulle die Curriebekerreeks in ’n besige rugbyprogram moet inpas nadat dit bevestig is dat die Bulle, Haaie, Leeus, Stormers en Cheetahs later vanjaar in toernooie van die EPCR, beheerliggaam van Europese klubrugby, speel.

Voor die bevestiging dat die Cheetahs en Leeus in die Europese Uitdaagbeker-toernooi speel en die Bulle, Haaie en Stormers in die Kampioenebeker-toernooi meeding, was die beplanning dat die Curriebeker rondom November vanjaar sal begin.

’n Rugbybaas het egter aan Rapport gesê die Curriebeker sal moontlik nou eers in Februarie volgende jaar plaasvind. ’n Uitdaging daarmee is dat dit waarskynlik dan net oor ’n enkelronde beslis sal word.

Lees meer op Netwerk24