(Foto: Netwerk24)

‘n Groot oomblik vir Cheetahs-rugby. Ross van Reenen, uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs, hou op sy nuuskonferensie in die Toyota Vrystaatstadion Saru se aankondiging omhoog dat die Cheetahs terug in internasionale rugby is. Hy het ook die Europese Uitdaagbeker-reeks, waarin die Cheetahs met die Leeus gaan meeding, se skrywe hieroor en die getekende kontrak in die hand. Links is Ryno Opperman, voorsitter van die Cheetahs se direksie, en Jerry Segwaba, president van die VRU, wat die knoop met onderhandelings deurgehak het. Lees verder op Netwerk24