1 Prof Arrie Schoonwinkel

Biography

Prof Arrie Schoonwinkel het aan die Afrikaanse Sekondêre skool (Rooiskool) in Kroonstad gematrikuleer. Hy studeer in die bestuurswetenskappe aan die Vrystaatse Universiteit en dien ná verwerwing van sy kwalifikasies in verskeie finansiële uitvoerende poste in ‘n loopbaan van 45 jaar. Hy is ‘n gewese internasionale skeidsregter wat Suid Afrika ook ná sy uittrede op SANZAR se skeidsregterskeurpaneel (ook as voorsitter) verteenwoordig het. Hy is ‘n gewese direkteur van die Cheetah-maatskappy en dien tans as voorsitter van die eksterne ouditkomitee.

Quick Stats
Loopbaan 45j
  • Gewese internasionale skeidsregter
  • Gewese voorsitter SANZAR skeidsregterskeurpaneel
  • Gewese direkteur van die Cheetah maatskappy
  • Dien tans as voorsitter van die eksterne ouditkomitee